GOD ALLEEN STEEK DIE VUUR AAN

In die Ou Testament het God die vuur verskaf om die offer-vuur aan te steek en in die Nuwe Testament het tonge van vuur op die gelowiges gekom.

Posted by Alex & Ben Swarts on 2018-02-28 12:29:49

GOD ALLEEN STEEK DIE VUUR AAN

 

 In die Ou Testament lees ons dat God die offer-vuur aangesteek het

Lev 9:24  “vuur het van die aangesig van die HERE uitgegaan en op die altaar die brandoffer en die stukke vet verteer...”

 

 In die Nuwe Testament is die vuur weereens deur God aangesteek

 Hand 2:3  Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit.

 Die vuur spreek van die Heilige Gees

 Hand 2:38  En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe (VUUR)  van die Heilige Gees ONTVANG.

 Die gelowige is dan weer gebore

Die vuur mag nooit weer doodgaan nie.  Dit is jou werk!

 Lev 6:13  “Vuur moet gedurigdeur (deur hulle) op die altaar aan die brand gehou word; dit MAG NIE DOODGAAN nie.”

 1 Thess 5:19  “Blus die Gees nie uit nie.

 

In die Ou Testament was die heilige vuur binnein die temple area en in die nuwe Testament is jou liggaam die tempel area van God waarin die Heilige Gees woon.

 1 Kor 6:19  “Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is,..?”

 

Alle offers moes en moet met hierdie vuur gebring word

 Mark 9:49  “Want elkeen (die gelowige) sal met vuur gesout word en elke offerande sal met sout gesout word.”

 Matt 3:11  “...Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.”

 Bogenoemde is die proses van heiligmaking

 2 Kor 7:1 .. “laat ons ons van alle besoedeling van die vlees (uiterlike mens) en die gees (innerlike mens) reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring.”

 

Vreemde vuur dui op ’n ANDER gees

Lev 10:1-2  “En die seuns van Aäron, Nadab en Abíhu, het elkeen sy vuurpan geneem en vuur daarin gegooi en reukwerk daarop gesit en VREEMDE VUUR voor die aangesig van die HERE gebring, wat Hy hulle nie beveel het nie.  Daarop het daar vuur van die aangesig van die HERE uitgegaan en hulle verteer, en hulle het gesterwe voor die aangesig van die HERE.”

Hulle het hul EIE vuur van buite die temple area gebring en in die Nuwe Testament dui vreemde vuur op ’n ANDER gees.

 2 Kor 11:3-4  “Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne (denke) so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus.  Want as iemand kom en ‘n ANDER JESUS verkondig as wat ons verkondig het, of as julle ‘n ANDER GEES ontvang as wat julle ontvang het, of ‘n ANDER EVANGELIE as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval?”

 

Hierdie tipe gelowiges beoefen ’n eiesinnige godsdiens

 Rom 2:8  “maar aan die wat EIESINNIG en aan die waarheid ONGEHOORSAAM, maar aan die ongeregtigheid gehoorsaam is grimmigheid en toorn;”

 Joh 3:36  “Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ONGEHOORSAAM is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.”

 

Hierdie tipe gelowiges sit ook aan by die nagmaal maar bekeer hulle nie van hulle onheilige werke en gesindhede van die Bose nie.

 1 Kor 11:31 & 32  “Want as ons onsself beoordeel het, sou ons nie geoordeel word nie.  Maar as ons geoordeel word, word ons deur die Here getugtig, sodat ons nie saam met die wêreld veroordeel mag word nie.”

 

Die studie gids  “Seuns van God sondig nie” kan gratis afgelaai word by www.sinnot.org

 

Back to Teachings